Email a Friend Share

 ref # 398

print

R 17 500 000 (1 070 336 EUR*)

select a 2nd currency

mortgage calculator

4
2

Uitsonderlike Karoo plaas 1381,49 ha groot met 90 ha besproeiing totaal wildomhein.

Hierdie besondere karooplaas is tans in die mark en 'n geleentheid om een van die bes ontwikkelde plase te bekom.
Totaal wildomhein, bied hierdie 1381 ha plaas 'n verskeidenheid opsies aan voornemende kopers aangesien daar 90 ha besproeiing is, wat dit as n kommersieële veeplaas, wildteel of jagplaas lewensvatbaar maak met die moontlikheid van ekotorisme/ gasteplaas.
Die 90 ha besproeiing, waarvan 70 ha gevestigde lusern is, bestaan uit 6 ha en 15 ha spilpunte asook 69 ha permanente besproeiing. Daar is ook goukoppel pype, sleeplyne en 'n kruipspuit vir 'n addisionele 30 ha.
Buiten die besproeiing is daar ook 90 ha droeëlande.
Alle besproeiing is onder eie druk met 5 besproeiingsdamme wat genoeg water kan opgaar vir twee seisoene.
Daar is twee vier slaapkamer huise en 'n woonstel op die plaas asook drie jagtershuisies en 'n nuwe stoor.
Die wildomheining, geboue, damme en stoor is in uitmuntende toestand en drie boorgate op die plaas lewer 50 000, 12 000 en 10 000 lpu waarvan twee toegerus is.

Opsioneel kan onderhandel word om die bestaande wild wat tans op die plaas is nl. 28 Gemsbokke, 20 Kudus, 12 Buffels, 8 Baster Gemsbokke, 19 Waterbokke, 4 Waterbuffels, 10 Zebra's, 28 Elande, 65 Springbokke, 32 Bontebokke, 3 Kameelperde en volstruise vir n baie billike prys.

Hierdie is voorwaar 'n geleentheid om 'n plaas met uitsonderlike infrastruktuur te bekom wat ook oor besondere natuurskoon beskik.

  • Wildomheinde plaas.
  • Twee woonhuise.
  • Jagtershuisies.
  • 90 Ha besproeiing.
  • 70 Ha Lusern.
  • 5 Damme.
  • Gravitasie besproeiing.
  • Aangepaste wild.


Message Agents

Dolph Nel , estate agent


+27 (0)82 571 6600
+27 (0)28 713 2260
info@tlbothaproperties.co.za info@tlbothaproperties.co.za
sms agent | agent properties

Bossie Bosman, estate agent


+27 (0)82 941 1958
+27 (0)28 713 2260
info@tlbothaproperties.co.za info@tlbothaproperties.co.za
sms agent | agent properties